Pekanneut bome nou beskikbaar by Rietfontein Kwekery

Ons Kwekery
Rietfontein Kwekery

Ons het in 2011 ons eerste Pekanneut saailinge gekweek en in 2017 het ons begin om bome in sakke oor te plant en te kweek.


Ons gebruik Ukulinga saad vir ons onderstamme en al ons entmateriaal word verkry uit Dr. HJ Geldenhuys se gevestigde boord van 25 jaar, wie ook familie en buurman van Riefontein Kwekery is.


Ons oopwortelbome word in die winter uitgehaal as hulle dormant is en die bome word gemerk volgens die SAPPA kleurkodes. Die bome word ook op die grond gemerk met wit verf sodat die uitplant proses reg kan verloop.


Ons verpak ons bome in gel sodat die wortels nie uitdroog nie. Bome kan gewoonlik einde Julie afgehaal word tot en met middel Augustus.

Meer Kwekery Fotos